Neutron

Neutron
Die kwarksamestelling van ’n neutron: een opkwark (u) en twee afkwarke (d). Die kleure van die individuele kwarke is arbitrêr, maar al drie kleure moet teenwoordig wees.
Die kwarksamestelling van ’n neutron: een opkwark (u) en twee afkwarke (d). Die kleure van die individuele kwarke is arbitrêr, maar al drie kleure moet teenwoordig wees.
Klassifikasie Barion
Samestelling 1 opkwark, 2 afkwarke
Statistiek Fermionies
Groep Hadron
Wisselwerking Swaartekrag, swak, sterk, elektromagneties
Simbool n, n0, N0
Antideeltjie Antineutron
Geteoretiseer Ernest Rutherford[1] (1920)
Ontdek James Chadwick[2] (1932)
Massa =1,674927471(21)×10−27 kg[3]
939,5654133(58) MeV/c2[3]
1,00866491588(49) u[3]
Gem. leeftyd 881,5(15) s (vry)
Elektriese lading e
(−2±8)×10−22 e (eksperimentele limiete)[4]
Dipoolmoment < 2,9×10−26 e⋅cm (eksperimentele boonste limiet)
Elektriese polariseerbaarheid 1,16(15)×10−3 fm3
Magnetiese moment −0,96623650(23)×10−26 J·T−1[3]
−1,04187563(25)×10−3 μB[3]
−1,91304273(45) μN[3]
Magnetiese polariseerbaarheid 3,7(20)×10−4 fm3
Spin 1/2
Swak isospin 1/2
Pariteit +1
Samestelling van materie.

In fisika is die neutron 'n subatomiese deeltjie met geen netto elektriese lading nie en 'n massa van 939,573 eV/c2, wat dit effens swaarder as 'n proton maak. Sy spin is ½. Sy antideeltjie word die antineutron genoem. Die neutron en proton is albei voorbeelde van 'n nukleon.

Die kern van alle atome op een na bestaan uit een of meer protone en een of meer neutrone. Die enigste uitsondering is die mees voorkomende isotoop van waterstof, waarvan die kern slegs uit een enkele proton bestaan..

  1. Ernest Rutherford. Chemed.chem.purdue.edu. Besoek op 2012-08-16.
  2. Nobelprys vir fisika, 1935. Nobelprize.org. Besoek op 2012-08-16.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 Mohr, P.J.; Taylor, B.N., Newell, D.B. (2014), "The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants" (Webweergawe 7.0). National Institute of Standards and Technology, Gaithersburg, Maryland 20899.
  4. Olive, K.A.; (Particle Data Group) (2014). "Review of Particle Physics" (PDF). Chin. Phys. C. 38 (9): 090001. Bibcode:2014ChPhC..38i0001O. doi:10.1088/1674-1137/38/9/090001.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search