Magneetsweeftrein

Die JR-Maglev

Magneetsweeftreine is eintlik nie treine in die ware sin van die woord nie, aangesien hulle deur middel van 'n magneetveld sowat tien sentimeter bo hulle spoorbaan sweef. Die sweeftoestand word deur magnetiese aantrekking of afstoting gegenereer. Dit maak wiele meesal oorbodig (met die uitsondering van die bedryf teen 'n lae spoed).

Die Engelse vakterm maglev is 'n neologisme (afgelei van magnetic levitation), wat in die sestigerjare deur die Amerikaanse fisikus Howard T. Coffey geskep is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search