Lagrange-punt

Die Lagrange-punte (ook L-punte genoem) is die vyf punte in ’n wentelende stelsel waar ’n klein voorwerp wat net deur swaartekrag beïnvloed word, ’n vaste relatiewe posisie kan behou met betrekking tot twee groter voorwerpe wat om ’n gemeenskaplike swaartepunt draai (soos ’n satelliet met betrekking tot die Son en Aarde). Die Lagrange-punte is dus die posisies van stabiele swaartekrag – die punte waar die gesamentlike swaartekragaantrekking van die twee groot liggame die presiese middelpuntsoekende krag verskaf wat nodig is sodat die kleiner liggaam saam met hulle kan wentel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search