Kultivar

Osteospermum 'Pink Whirls' is ’n kultivar wat geselekteer is vir sy kleurryke blomme.

’n Kultivar is ’n variëteit van ’n plantsoort wat deur die mens geteel of geselekteer is en nie in die natuur aangetref word nie.[1] Gewilde sierplante vir die tuin soos rose, kamelias, affodille, bergrose en asaleas is kultivars wat deur versigtige seleksie of teling gekweek is vir die blom se kleur of vorm. Voedselgewasse is ook meestal kultivars wat geselekteer is vir eienskappe soos groter oeste, smaak en weerstand teen siektes. In die houtbedryf word bome geplant wat geselekteer is vir die hoeveelheid en gehalte hout wat dit lewer.

  1. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search