Korrosie

Korrosie in 'n papiermeul.

Korrosie verwys na die verswakking van die eienskappe van 'n materiaal in een of ander opsig deur die omgewing waaraan dit blootgestel is. Materiale word tuis in die nywerheid en konstruksie gebruik vir eienskappe soos estetiese voorkoms, sterkte, buigsaamheid, koste per massa en herstelbaarheid. Korrosie kan enige van hierdie eienskappe van 'n materiaal in diens so verswak dat die materiaal nie meer sy doel kan dien nie en vervang moet word. Meestal gaan korrosie gepaard met die verlies van 'n van die materiaal, of die verandering van sy samestelling. Die koste van korrosie beloop astronomiese bedrae. Die korrosie kan veroorsaak word deur die media (atmosfeer, gas, vloeistof, flodder, organismes) waaraan die konstruksie materiaal blootgestel is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search