Kookpunt

Kokende water

Die kookpunt van 'n stof is die temperatuur waar dit van 'n vloeistoftoestand na 'n gastoestand deur die hele vloeistofmassa heen verander. 'n Vloeistof kan ook na 'n gas verander onder die kookpunt deur die proses wat as verdamping bekend staan. Verdamping is 'n oppervlakverskynsel waar slegs die molekules op die gas/vloeistof intervlak kan verdamp (soos water uit nat klere op 'n wasgoedlyn). Die woord kook omskryf egter 'n proses waar die vloeistofmassa in sy geheel begin verdamp met die vorming van borrels (soos in 'n ketel).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search