Keramiek

Keramiek is 'n versamelnaam vir alle voorwerpe wat uit klei gevorm en na droging aan 'n hoë temperatuur blootgestel word sodat 'n reaksie in tree wat nie onmerkbaar is nie. Die klei wat gebruik word, besit die eienskap dat dit deur die byvoeging van 'n bietjie water breibaar word, en deur die byvoeging van meer water in klein deeltjies opbreek en vloeibaar word. Die hardheid, poreusheid, kleur en toepassingsmoontlikhede van keramiek hang af van die samestelling van die kleisoort, die hoogte van die temperatuur waarby dit gebak word en die baktyd daarvan.

Een of meer lae glasuur wat by 'n hoë temperatuur smelt en aan die klei heg, kan op die voorwerp aangebring word. Die voorwerp se oppervlak kry hierdeur 'n ander kleur en word waterdig. Reeds in prehistoriese tye is voorwerpe uit klei vervaardig, meestal gebruiksvoorwerpe soos potte. In die verskillende kulture is verskillende metodes ontwikkel om die klei te vorm en te versier.

'n Vaas wat uit die 1800's dateer

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search