Ioonenjin

'n Ioonenjintoets.

'n Ioonenjin (of ioniese aandrywer) is een van vele tipes ruimtetuig aandrywers. Dit gebruik ioonstrale om 'n aandrywings krag te veroorsaak. Die presiese metode waarop ioone versnel word kan verskil van ontwerp tot ontwerp, maar alle ontwerpe maak staat op die lading/massa verhouding van ioone om hulle tot baie hoë snelhede te versnel met die gebruik van 'n hoë-spanning elektriese veld. Ioonenjins kan om hierdie rede 'n baie hoë spesifieke impuls bereik, wat die hoeveelheid benodigde reaksie massa verminder maar die hoeveelheid benodigde krag vermeerder in vergelyking met chemiese vuurpyle. Ioonenjins kan tien keer beter aandryfstof effektiwiteit as tradisionele vloeistof brandstof vuurpyl enjins bied, maar is bedwing tot baie lae versnellings deur die krag/gewig verhouding van beskikbare kragstelsels. Kragvlakke wat deur die ioonenjins gebied word is maar op die skaal van 50mN.

Die eerste ioonenjins, bekend as kaufman-tipe ioonenjins, was ontwikkel deur Harold R. Kaufman wat in die 1960's vir NASA gewerk het en was gebaseer op die Duoplasmatron.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search