Fotokatalise

In die eksperiment hierbo word fotone van 'n ligbron (regs buite die raam) geabsorbeer deur die oppervlak van 'n titaandioksiedskyf (TiO2), wat elektrone binne die materiaal opwek. Hulle reageer dan met die watermolekules en ontbind hulle in waterstof en suurstof. chemikalieë wat in die water opgelos is, verhoed die vorming van suurstof, wat andersins met die waterstof sou herkombineer.

Wat in die chemie met fotokatalise bedoel word, is die versnelling van 'n reaksie wat onder beligting plaasvind deur die teenwoordigheid van 'n fotokatalisator. Dit is 'n stof wat se aangeslane toestand herhaaldelik in wisselwerking met die reaksievennote tree en tussenprodukte vorm, maar wat na elke siklus van sulke interaksies homself regenereer.[1]

In baie gevalle is die katalisator 'n vaste stof wat by bestraling met UV- of sigbare lig elektron-gatpare genereer wat vrye radikale doen ontstaan. Fotokatalisators kan in drie hoofgroepe ingedeel word:

  1. Heterogene katalisators
  2. Homogene katalisators
  3. Plasmoniese antennekatalisators.

Die gebruik van elke katalisator hang af van die voorkeuraanwending en vereiste katalitiese reaksie.

  1. "Gold Book: Photcatalyst". 2005–2023 International Union of Pure and Applied Chemistry. doi:10.1351/goldbook.PT07446.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search