Elektrolise

Elektrolise is 'n chemiese redoksreaksie waarvolgens saamgestelde stowwe onder die invloed van 'n elektriese stroom opgebreek word (op 'n atomiese vlak) tot enkelvoudige stowwe en/of ander saamgestelde stowwe.

In 1832 ontdek Michael Faraday dat in 'n soutoplossing stowwe opbreek wanneer 'n elektriese stroom daardeur gestuur word en dat dié skeiding afhanklik van is die stroom. Later word hierdie ontdekking bekend as die eerste elektrolisewet van Faraday.

Hierna ontdek Faraday dat die massa van die gevormde elemente reg eweredig met die atoommassa van die betrokke elemente is. Hierdie waarneming het die vermoede van die bestaan van elektrone versterk, en word bekend as die tweede elektrolisewet van Faraday.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search