Elektrode

'n Elektrode is 'n stuk materiaal wat elektrone gelei en waarlangs 'n elektriese stroom in of uit 'n elektroliet gelei word wat net ioniese geleiding vertoon. (Die teenwoordigheid van 'n elektroliet is nogtans nie essensieel nie, dit kan byvoorbeeld ook 'n vakuum wees).

Die woord elektrode is bedink deur die Britse geleerde en teoloog William Whewell op versoek van die Britse wetenskaplike Michael Faraday. Whewell het dit van die Griekse woorde ἤλεκτρον (ḗlektron, “barnsteen”) en ὁδός (hodós, “pad”) afgelei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search