Dampdruk

Die dampdruk is die druk (in die geval van 'n gasmengsel, die parsiële druk) waarby 'n stof sal oorgaan van die vloeistoffase na die gasfase of anders om. Die dampdruk van 'n stof is 'n funksie van die temperatuur. By enige gegewe temperatuur is daar vir 'n bepaalde stof 'n druk waar die damp van die stof in ewewig is met sy vloeistof- of vastestofvorm. Hierdie word die ewewigsdampdruk of versadigingsdampdruk van die stof by daardie temperatuur genoem. Die term dampdruk word dikwels gebruik om na hierdie versadigingsdampdruk te verwys. 'n Stof met 'n hoë dampdruk teen normale temperature word 'n vlugtige stof genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search