Curiosity-verkenningstuig

Die Curiosity-verkenningstuig
Kunstenaarsvoorstelling van hoe Curiosity met kabels afgehys word.

Curiosity is 'n kernaangedrewe verkenningstuig ("dwaalrobot") wat deur NASA op 'n verkenningstog na die planeet Mars gestuur is. Curiosity is op 26 November 2011 as deel van NASA se Mars Science Laboratory-sending saam met 'n MSL-ruimtetuig gelanseer en het op 6 Augustus 2012 suksesvol in die Gale-krater op Mars geland. Teen $2,5 miljard (sowat R20 miljard), is dit die mees ambisieuse en duurste Marssending ooit.[1]

Die verkenningstuig is so groot soos 'n kleinerige motor. Dit is 3 meter lank en weeg amper 'n ton (900 kg). Ingenieurs moes noodgedwonge nuwe maniere bedink om dit te laat neerdaal. Vir die eerste keer is kabels gebruik om die tuig binne in 'n groot krater af te hys.

Omdat Curiosity van 'n plutoniumbattery voorsien is, kan hy 24 uur per dag werk, en is nie soos sy voorgangers Spirit en Opportunity van sonkrag afhanklik nie.

  1. Nasa se Curiosity land op Mars, Nuus24, 6 Augustus 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search