CSS

CSS-logo

CSS (Engelse afkorting vir Cascading Style Sheets) is 'n maklike manier om die voorkoms van HTML- en XHTML-webblaaie te verander. CSS is deur die W3C ontwerp, en word deur die meeste moderne webblaaiers ondersteun. Die huidige weergawe van CSS is CSS2. Daar word tans aan CSS weergawe 3 gewerk. Dit sal nuwe eienskappe soos border-radius insluit.

Een van die voordele van CSS is dat webblaaie vertoon en verstaan kan word, selfs al is die CSS-kode stukkend of nie meer beskikbaar nie.

CSS-kode word gewoonlik in lêers met 'n .css uitbreiding gestoor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search