Bosveldstollingskompleks

Liggings van myne in die Bosveld-stollingskompleks
Swart chromitiet en grys anortosiet in gelaagde stollingsgesteente van die kritieke sone-BG1 van die Bosveld-stollingskompleks in die Mononorivier-dagsoom naby Steelpoort
Nebograniet van Soutpan, Gauteng. Soos die Makhutso-, Bobbejaankop-, Lease- en Klipkloofgraniete maak dit deel uit van die Lebowa-granietsuite.[1]

Die Bosveldstollingskompleks (of BSK) is ‘n groot gelaagde stollingsintrusie binne die aardkors wat gekantel en verweer is, en tans dagsome vorm langs die rand van ‘n groot geologiese bekken, die Transvaalse bekken. Hierdie Suid-Afrikaanse gesteentekompleks bevat sekere van die rykste ertsneerslae op aarde. Die reserwes van platinumgroep-metale (PGMe), naamlik platinum, palladium, osmium, iridium, rhodium en rutenium, is die grootste ter wêreld, en daar is omvangryke hoeveelhede yster, tin, chroom, titaan en vanadium. Gabbro of noriet word ook uit dele van die kompleks gesteengroef vir lewering van maatsteen. Die geologiese verskynsel is omstreeks 1897 ontdek deur Gustaaf Molengraaff.[2]

  1. Hill, M.; Barker, F.; Hunter, D.; Knight, R. (1996). "Geochemical characteristics and origin of the Lebowa Granite Suite, Bushveld Complex". International Geology Review. Besoek op 3 Julie 2023.
  2. G.A.F. Molengraaff Geology of the Transvaal (1904), Edinburgh en Johannesburg (vertaling van ~1902 Franstalige oorspronklike), bladsye 42-57.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search