Betadeeltjie

Alfastraling (α) word deur 'n vel papier geabsorbeer, betastraling (β) deur 'n metaalplaat en gammastraling (γ) deur 'n dik betonmuur.

’n Betadeeltjie (simbool β), ook betastraling genoem, is ’n elektron of positron met ’n hoë energie en snelheid wat vrygestel word deur die radioaktiewe verval van ’n atoomkern tydens betaverval. Daar is twee vorme van betaverval, β en β+, wat onderskeidelik elektrone en positrone produseer.[1]

Betadeeltjies met ’n energie van 0,5 MeV het ’n reikwydte van sowat een meter in die lug; die afstand hang van die deeltjie-energie af.

Die deeltjies is ’n soort ioniserende straling en word vir beskermingsdoeleindes beskou as minder ioniserend as alfadeeltjies, maar meer ioniserend as gammastrale. Hoe hoër die ioniseringseffek, hoe groter die skade wat aan lewende weefsel aangerig word. Betadeeltjies word deur ’n paar millimeter van die meeste materiale gekeer.

  1. Lawrence Berkeley National Laboratory (9 Augustus 2000). "Beta Decay". Nuclear Wall Chart (in Engels). United States Department of Energy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2020. Besoek op 17 Januarie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search