Antidepressant

'n Antidepressant is 'n geneesmiddel wat die simptome van 'n kliniese depressie behandel of verlig. Sommige antidepressante, veral die trisikliese antidepressante, word gebruik vir ander nie-amptelike indikasies, soos verligting van die pyn veroorsaak deur neuropatie. Heelwat van die antidepressante is ook aangedui in die behandeling van angsversteurings.

Alle antidepressante is min of meer ewe effektief, maar dié wat later ontwikkel is, het meestal minder newe-effekte, en 'n kleiner kans om dodelik te wees in oordosering.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search