Amateurradio

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
'n Amateur-radiostasie.

Amateurradio is die stokperdjie van tweerigtingradio. Die stokperdjie moedig eksperimentasie, tegniese kennis en operasionele kennis aan, asook om noodkommunikasie te verskaf wanneer ander kommunikasiemiddele faal vanweë storms of ander rampe. Radioamateurs word verbied om vergoed te word vir hulle dienste.

Radioamateurs is mense wat tweerigtingradio gebruik om met ander radioamateurs oral oor die wêreld te gesels. Vir sommige is die gesels die ding wat hulle geniet, vir ander is dit die tegnologie waarmee hulle kan speel. Al die nodige toerusting kan gekoop word maar baie amateurs geniet dit om van hulle eie toerusting te ontwerp en te bou.

Amateurradio word deur meeste regerings in die wêreld toegelaat en gereguleer. In sulke lande bestaan nasionale organisasies soos die Suid-Afrikaanse Radioliga wat help met opleiding en ander sake wat die amateurs saambind.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search